WKDM Toerisme Personeel

Ilke Abrahams (Intern), Gurshell Abrahams (Bemarkings), Shaun Cloete (Ontwikkelings),       Kiewiet van Rooyen (Bestuurder) en Glynise Onverwacht (Aflos Beampte)

Die WKDM toerisme Afdeling organiseer en fasiliteer die jaarlikse Toerisme Beampte Opleiding program vir die afgelope +/- 15 jaar. Die strategiese doel van die opleiding is om toerisme beamptes vanuit alle dorpe, verteenwoordigend vanuit al 5 B-Munisipaliteite binne die Weskus Distriks Munisipale gebied bloot te stel aan besienswaardighede, aktiwiteite wat te bied is aan besoekers. Die voordeel van die opleiding is dat dit verbreed die algehele kennis van toerisme beamptes rakende besienswaardighede wat ‘n streek te bied het asook goeie spanbou.

Hierdie jaar was die opleiding aangebied vanaf 10 tot 11 November 2016 in die Cederberg streek en 23 beamptes het deelgeneem. Die volgende aktiwiteite sowel as dorpe was besoek, Piekenierskloof Oord (Zip-lining/Putt Putt Golf), Hebron (Wine & Rooibos Tea Pairing), Elandsbaai (Bobbejaan Grot), Lambertsbaai (Malgasse voëleiland/ Sandveld Museum), Clanwilliams (Rooibostee Fabriek, St.John Anglikaanse Kerk, Clanwilliam Ou-tronk Museum).

Volgende jaar, 2017 vind die jaarlikse weskus toerisme beampte opleiding plaas in die Swartland streek en die beamptes sien reeds uit daarna.

This entry was posted in News. Bookmark the permalink.

Comments are closed.