WKDM reik uit na gemeenskap

“Restoring the social fabric in our community.” Dit is die leuse wat die Burgemeester van WKDM, Rdl Harold Cleophas, aangeneem het sedert sy inhulding as Burgemeester.

Sedert dan het WKDM, in samewerking met verskeie rolspelers, projekte van stapel gestuur met die doel om die lewensstandaard van mense te verbeter. Die bevordering van sosiale welstand is ook een van die Distrikmunisipaliteit se strategiese doelwitte en ontwikkelingsprogramme is gefokus op mense van alle ouderdomme.

“Ons benodig meer rolmodelle in ons gemeenskappe. Dit is uiters belangrik dat ons ‘n omgewing skep waarin mense hul drome en aspirasie kan verwesenlik” het die Burgemeester gesê.

WKDM het onlangs ‘n oorhandiging aan Siyabonga Care in Vredenburg gedoen. Hierdie sentrum fokus op die rehabilitasie van mishandelde vrouens en kinders. “Ons is werklike dankbaar vir die ondersteuning en skenkings van WKDM. Enige hulp en bystand help ons om hierdie dames se selfvertroue te herbou sodat hulle hul plekke in die samelewing kan volstaan” het Jenay Moss, Maatskaplike Werkster, gesê

Die onder-Burgemeerster van WKDM, Rdl Boffie Strydom, wat die oorhandiging waargeneem het, het gesê dat dit ‘n groot voorreg vir hom is om sulke dapper dames te ontmoet. “Ons benodig meer individue wat opstaan teen dit wat verkeerd is. Mense wat sê genoeg is genoeg. Wees verseker dat julle my vandag inspireer om nog meer te doen vir die gemeenskappe wie ons bedien”, het hy gesê.

Ander sosiale ontwikkelingsprogramme van WKDM sluit in die Goue Spele vir bejaardes, jeugontwikkelingsprogramme, opleiding van Vroeë Kinderontwikkelings Fasiliteerders en verskeie vakansieprogramme vir skoolgaande kinders.

 

This entry was posted in News. Bookmark the permalink.

Comments are closed.