Studente van die Universiteit van Stenden (Nederland) besoek die Rampbestuur Sentrum

Hier verskyn die groep saam met hul dosent Pieter Smit (Praktiese koördineerder), Martha Kabaka (dosent), Gordenia Briers (Rampbestuur), Garth Lambrecht, Norman Horn en Eddie Markus (Weskus Brandweer, Moorreesburg).

‘n Groep studente van die Universiteit van Stenden (‘n Nederlandse instansie) wat in Port Alfred gevestig is, het onlangs die Rampbestuur sentrum op Moorreesburg besoek. Stenden het ‘n hele paar kampusse dwars oor die wêreld waarvan een in Port Alfred in die Oos-Kaap geleë is. Die kursus in Rampbestuur is ‘n vierjaar kursus en is ingestel om opleiding te gee oor die bestuur van rampe.

Die groep toer op die oomblik deur die Wes-Kaap om praktiese kennis op te doen oor rampbestuur. Die groep, onder leiding van hulle dosent Pieter Smit, sê die kursus is nog baie jonk en vanjaar is die tweede jaar dat hulle dit aanbied.  Die studente is afkomstig uit Zimbabwe, Maldives, Kenya, Burkino-Faso en van Suid-Afrika.

This entry was posted in News. Bookmark the permalink.

Comments are closed.