Seniors neem Darling oor

Die eerste van drie atletiek byeenkomse in die Goue Oues-reeks het Dinsdag hier op Darling tot groot genot van ons seniors burgers afgeskop. Die byeenkoms wat deur nagenoeg 500 deelnemers bygewoon was, het vir heelwat opwinding gesorg.
Senior lede van gemeenskappe op dorpe duskant die Piekeniersberge tot by Abbotsdale en Porterville het aan die byeenkoms deelgeneem.
‘n Soortgelyke byeenkoms vir dorpe anderkant die Piekeniersberge word op 15 Junie op Clanwilliam beplan. Dit is wanneer die noordelike sone se spanne teen mekaar gaan meeding. Op Maandag 18 Julie vind die finale byeenkoms op Vredenburg plaas waarna die Weskus-span saamgestel gaan word wat later in Kaapstad die streek gaan verteenwoordig.
Vier beamptes van Korrektiewe Dienste op Voorberg, het die byeenkoms bygewoon om te kom kers op steek met die oog daarop om die program ook by hulle te implementeer.

Hier vergesel burgemeesters Tijmen van Essen (Swartland) en Harold Cleophas (Weskus Distriksmunisipaliteit) die spanne tydens die openingsseremonie.

Hier vergesel burgemeesters Tijmen van Essen (Swartland) en Harold Cleophas (Weskus Distriksmunisipaliteit) die spanne tydens die openingsseremonie.

This entry was posted in News. Bookmark the permalink.

Comments are closed.