Organisasies vind baat by skenking

Moorreesburg: Die Weskus Distriksmunisipaliteit het Vrydag hier ‘n oorhandiging van nagenoeg R280 000 aan verskillende organisasies in hul bedieningsgebied gemaak.
Jaarliks word organisasie geïdentifiseer deur die Uitvoerende Burgemeester en sy Uitvoerende Burgemeesters Komitee, aan wie donasie gemaak kan word. Hierdie jaar het Kansa, Weskus Netbal, ‘n Jeugorkes op Vredenburg en die Nuwe Graskoue Trappers, skenkings ontvang.
Me. Hester Smith van Kansa het tydens die ontvangs van die sweetpakke, rugsakke en ander benodighede vir die 37 kinders van die organisasie, haar dank uitgespreek vir die skenking.
Mnr. Bertie Sass, een van die orkeslede van die Nuwe Graskoue Trappers op Wupperthal het ook hulle dank uitgespreek vir die skenking wat hulle ontvang het. Dr. Danie Schoeman van die departement Gesondheid, het die jong dansers geloof en hulle aangemoedig om met hulle gesonde leefstyl voort te gaan.
Me. Maddelein Horn, president van die Weskus Netbal Unie het vertel dat lede van Doringbaai Netbalklub elke naweek na Moorreesburg reis om deel te neem aan hulle wedstryde. “Die skenking van sportapparaat sal vir sulke klubs ‘n groot hupstoot wees.”
Die munisipaliteit het ook trompette aan ‘n jeugorkes op Vredenburg geskenk.

Hier is van die verteenwoordigers van die verskillende instansies, saam met die uitvoerende burgemeester tydens die oorhandiging van die items.

Hier is van die verteenwoordigers van die verskillende instansies, saam met die uitvoerende burgemeester tydens die oorhandiging van die items.

This entry was posted in News. Bookmark the permalink.

Comments are closed.