Oorhandiging van Kruideniersware

V.l.n.r. Marianne Heyns (Badisa); Jasmine Erasmus en Hanlie Smith (albei van ACVV Moorreesburg); uitvoerende burgemeester Harold Cleophas (WKDM), Hanlie Visser (Badisa), Julie van Rensburg  en Rochelle Magerman (albei van Kindersorg SA) en Melonice Blanckenberg (WKDM), met van die pakkies wat hulle ontvang het.

V.l.n.r. Marianne Heyns (Badisa); Jasmine Erasmus en Hanlie Smith (albei van ACVV Moorreesburg); uitvoerende burgemeester Harold Cleophas (WKDM), Hanlie Visser (Badisa), Julie van Rensburg en Rochelle Magerman (albei van Kindersorg SA) en Melonice Blanckenberg (WKDM), met van die pakkies wat hulle ontvang het.

MOORREESBURG: Kersvader het verlede week vroeg sy opwagting gemaak toe die afdeling sosiale ontwikkeling by die Weskus Distrikmunisipaliteit vir drie instansies kospakkies uitgedeel het.

Volgens me Melonice Blanckenberg, bestuurder ontwikkeling, is daar besluit op die drie gevestigde instansies. “Dit sal van elke instansie verwag word om die pakkies verder te versprei sodat dit diegene bereik wat dit die nodigste het. Veral waar daar mense is wat in afwagting sit vir die goedkeuring van hul toelae en waar daar geen inkomste is nie.”

Uitvoerende burgemeester raadsheer, Harold Cleophas, van die Weskus Distriksmunisipaliteit wat die oorhandiging gedoen het, het gesê dit is maar ‘n druppel in die emmer, wat die munisipaliteit kan bydrae. “In  ons streek is armoede groot, en die kinders is onder die wat die meeste geraak word. Skenkings en donasies maak dat ons tot ‘n mate verligting kan bring aan die gemeenskap se behoeftes.”

Me Marianne Heyns van Badisa, het die munisipaliteit bedank en genoem dat as die seisonale werkers se werk tot ‘n einde kom, is daar ‘n toename in armoede in die Weskus. Hanlie Smith van die ACVV op Moorreesburg het sê, die kospakkies gaan van groot waarde wees. “Ons wag ‘n redelike lang tyd voor toelae toegestaan word en die kospakkies sal daardie frustasie effens verlig.

Kinder en gesinsorg se Rochelle Magerman, het gevoel dat die teenwoordigheid van al die afgevaardigdes, is tekenend van hulle waardering vir die munisipaliteit se poging om die nood daar buite raak te sien en iets daaraan te doen.

 

This entry was posted in News. Bookmark the permalink.

Comments are closed.