Golden Oldie-Spele

Moorreesburg: Die jaarlikse Golden Oldie-spele, het Donderdag hier op Moorreesburg afgeskop. Nagenoeg vyfhonderd, senior burgers van die suidelike B-munisipaliteite ( Saldanhabaai, Swartland en Bergrivier), het aan die spele deelgeneem.

Die plaaslike LUR van Kulturele Sake en Sport, Anroux Marais het die spele bygewoon. Tydens haar besoek het sy en die onder burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit, raadsheer JJ (Boeta) Josephus ‘n vrugte ruiker aan me Katriena Williams van die VIP-klub op St. Helenabaai oorhandig. Me. Williams, wat die ouderdom van 91-jaar bereik het, was die oudste deelnemer vir die dag. Raadslid Riaan Mouton en Maruis Koen het ook lustig aan die verrigtinge deel geneem.

Die tweede rondte uitdunne word op 11 Junie in Vredendal gehou en die Weskus-spele op die 21 Julie ook op Vredendal.

Volgens ‘n beampte van die Departement van Sport sal die Oos-Kaap vanjaar as gasheer vir die Nasionale spele optree. Twee stede, Oos-Londen en Port Elizabeth word as moontlikheid bekyk om die spele te huisves.

V.l.n.r. Raadslid Willem Loff, Riaan Mouton, plaaslike minister van Kultuur en Sport Anroux Marais, Maruis Koen, Maryna Smit en raadsheer JJ (Boeta) Josephus, tydens die Golden Oldie-spele op Moorreesburg

V.l.n.r. Raadslid Willem Loff, Riaan Mouton, plaaslike minister van Kultuur en Sport Anroux Marais, Maruis Koen, Maryna Smit en raadsheer JJ (Boeta) Josephus, tydens die Golden Oldie-spele op Moorreesburg

This entry was posted in News. Bookmark the permalink.

Comments are closed.