Fokus op Opvoeding

Leerders van verskillende kleuterskole in die Weskus Distriksmunisipaliteit se bedieningsarea het die afgelope tyd besoek ontvang van lede van die uitvoerende bestuur. Die Raad besluit elke jaar om hulle fokus op een of ander tekortkoming in hulle onderskeie gemeenskappe te identifiseer en om daarop te konsentreer. Vanjaar het die klem op opvoeding geval en veral in die beginfase van die kind se loopbaan. Die uitvoerende burgemeester van die Weskus, Raadslid Harold Cleophas het sy fokus op die kleuterskole in die Darling-omgewing gevestig. Van die ander lede van die Uitvoerende Burgemeester Komitee het op kleuterskole in hulle onderskeie gemeenskappe gekonsentreer. Kleuterskole soos Wippelvoetjies, Sonstraal, Little Darlings, Barney’s Angels, Darling Outreach Foundation en Klouter Kabouters op Darling het opvoedkundige speelgoed, verf en legkaarte ontvang.
Hier is uitvoerende burgemeester Harold Cleophas saam met die leerders van Sonstraal besig om die nuwe middels uit te toets. Hier is uitvoerende burgemeester Harold Cleophas saam met die leerders van Sonstraal besig om die nuwe middels uit te toets

This entry was posted in News. Bookmark the permalink.

Comments are closed.