Dankie vir jare se diens

Tydens die eerste Algemene Raadsvergadering van die Weskus Distriksmunisipaliteit, op 28 Januarie 2015, is ‘n paar getroue werkers met sertifikate beloon vir hulle jare lange diens, by die munisipaliteit.

By die geleentheid het die uitvoerende burgemeester raadsheer Harold Cleophas, wat die plegtigheid waargeneem, die lede bedank vir hulle onbaatsugtige diens, die afgelope jare. Onder diegene wat toekennings ontvang het, is beamptes wat 25, 30 en 35 jaar diens by die munisipaliteit voltooi het.

Ook van die kant van die opposisie het die ANC hulle dank uitgespreek teenoor die werkers. Hier verskyn die groepie saam met uitvoerende burgemeester raadsheer Harold Cleophas en mnr. Henry Prins, munisipale bestuurder.

IMG_0554

This entry was posted in News. Bookmark the permalink.

Comments are closed.