Brandweerman kom om

Die Weskus Distriksmunisipaliteit het vanoggend met hartseer verneem na die heengaan van brandweerman NAZEEM DAVIES (25).

Mnr. Davies afkomstig van Worcester, was sedert November 2014 deel van ons brandweerspan wat op Vredenburg gestasioneer was. Gisteraand ongeveer 18:40 het hy en sy kollega Niklaas Nel, opdrag ontvang om terug te keer na hulle stasie op Vredenburg. Hulle was besig om ‘n vuur in die Groot Winterhoekberge buite Porterville te bestry.

Oppad terug, in die Dasklip pas, het die brandweervoertuig vermoedelik van die pad geloop. Brandweerman Davies, is noodlottig beseer, terwyl mnr. Nel ligte beserings opgedoen het.

Hidrouliese kake moes gebruik word om Davies te bevry, waarna hy as dood gesertifiseer is.

Die Uitvoerende Burgemeester raadsheer Harold Cleophas, die Raadslede, en beamptes van die Weskus Distriksmunisipaliteit, spreek hulle medelye en diepe meegevoel teenoor die Davies-familie uit vir die verlies van hulle seun.

Brandweerman Davies, laat sy Moeder, broer en susters agter. Geen begrafnisreëlings is tot nog toe bekend nie. Die vlag voor die WKDM se gebou sal tot verdere kennisgewing halfmas hang.

Davies

This entry was posted in News. Bookmark the permalink.

Comments are closed.