Besoek aan Parlement

SALDANHA:  Die premier van die Wes-Kaap me. Hellen Zille en haar kabinet het verlede week hier op Saldanha, as deel van hulle uitreikingsprogram met rolspelers van die Weskus vergader.

Die vergadering was deel van ‘n reeks byeenkomste wat die afgelope tyd in die Swartland gehou word. Tydens die byeenkoms het premier Helen Zille,  ‘n kort oorsig van haar provinsiale staatsrede gelewer. Sy het veral gepraat oor die deel wat betrekking het op die Weskus.

Van die punte wat sy uitgelig het was, ”Ons het in ons eerste termyn die klem laat val om die basiese dinge, soos om ‘n skoon ouditverslae te verkry, eers in plek gestel. Nou is dit tyd dat ons  die klem laat val op ‘n paar dinge wat ‘n verskil in die mense se lewens en veral die mense van die Weskus kan maak,” was haar openingswoorde.

Me Zille het enkele sake soos ekonomiese vooruitgang en groei, waaronder Toerisme een van die top industrieë is,  die kweek en verwerking van produkte soos die Aquabedryf (perlemoenplase en mosselplase), olie- en gasontwikkeling, as belangrike bronne uitgesonder.  Dit is veral in die sektore wat sy gevoel het wat werksgeleenthede na die Weskus toe kan bring. Ook die oprigting en voorsiening van hernubare energie.

“Die nasionale-  en provinsiale regering ondersteun die Weskus as die Industriële Ontwikkeling Sone of die IDZ (Industrial Development Zone).

Om aan die vereistes van werksgeleenthede, wat hierdie ontwikkelinge verskaf te voldoen, moet die inwoners van die gebied nou reeds voorsiening maak dat hulle vaardighede opgeskerp raak. Die Weskus beskik oor goeie winde, sonskyn en die see wat van die belangrikste vereistes is vir ‘n baie beter groen energie.

Minister Anton Bredell het tydens sy toespraak bogenoemde toekomstige vooruitgang bevestig en gesê die Weskus moet daarop ingestel wees om die toestroming van mense oor die volgende paar jaar te hanteer.

“Die jeug is die grootste groep werksoekers en daarom verlaat hulle die platteland om in die stad te kom werk en ons sal moet voorsiening maak in hulle behoeftes.” Hy het beloof da thy op ‘n later tydperk met die verskillende rolspelers en munisipaliteite sal vergader om die probleme in diepte te bespreek.

Me. Zille het haar dank uitgespreek teenoor die munisipaliteite van die Wes-Kaap waarvan 73% van hulle skoon ouditverslae vir die boekjaar 2015/16 ontvang het.

V.l.n.r. Uitvoerende burgemeester raadsheer Harold Cleophas (WKDM), premier Hellen Zille, (Wes-Kaap), Anton Bredell, LUR vir plaaslike regeing en omgewingsake (Wes-Kaap), uitvoerende burgemeester Francois Scheepers, ( Saldanha), Allan Winde, LUR vir ekonomiese ontwikkeling (Wes-Kaap).

V.l.n.r. Uitvoerende burgemeester raadsheer Harold Cleophas (WKDM), premier Hellen Zille, (Wes-Kaap), Anton Bredell, LUR vir plaaslike regeing en omgewingsake (Wes-Kaap), uitvoerende burgemeester Francois Scheepers, ( Saldanha), Allan Winde, LUR vir ekonomiese ontwikkeling (Wes-Kaap).

This entry was posted in News. Bookmark the permalink.

Comments are closed.