Beskerming van natuurlike waterbronne ‘n prioriteit

Die impak van indringerplante op die ekonomie van Suid-Afrika beloop biljoene rande elke jaar en is die grootste bedreiging vir die land se biologiese biodiversiteit.

Indringerplante bedreig die water sekuriteit, ekologiese funksionering en het ‘n negatiewe impak op landbou omdat dit die produktiewe gebruik van grond beinvloed.

Om die negatiewe impak van indringerplante te verminder het die Weskus Distriksmunisipaliteit in vernootskap met Werk vir Water ‘n projek in die Weskus van stapel gestuur. Hiedie projek, waarby 33 begunstigdes baat vind, fokus op die verwydering van indringerplante wat die area se natuurlike waterbronne bedreig. Die veldwerkers ontvang opleiding om verskeie metodes aan te wend om indringerplante groei te beheer.

Die projek het gefokus op die verwydering en beheer van indringerplante op die oewers van die Bergrivier. Volgens Charles Malherbe, Hoof Omgewingsbestuurbeampte by Weskus Distriksmunisipaliteit, was die projek ‘n reuse sukses.

 

This entry was posted in News. Bookmark the permalink.

Comments are closed.