67 Minute vir Madiba

18 Julie of Madiba-dag is by die Weskus Distriksmunisipaliteit herdenk toe die beamptes van sosiale ontwikkeling hul dienste beskikbaar gestel het by die Radie Kotze-hospitaal op Piketberg.  Saam met uitvoerende burgemeester Harold Cleophas het hulle hul bydrae gelewer deur pakkies aan pasiënte te oorhandig. Daarna het die groepie onder leiding van mnr. Christopher Adams, die nooddienste se beddens gewas. Ook die sale se vensters en vloere het onder die groepie se vlytigheid deurgeloop.

V.l.n.r. Evette Louw, Christopher Adams (Stompie), Nizanne Januarie, Patrick Cornett, Bennet Nondala, Melonice Blanckenberg en uitvoerende burgemeester raadslid Harold Cleophas.

 

67 Minutes 042

This entry was posted in News. Bookmark the permalink.

Comments are closed.